Pages

Tuesday, September 4, 2012

Titel: Maak ‘n verskil, Francois Sieberhagen


Vers 'n Dag
... woorde wat geestelik opbou, bemoedig en vertroos (1 Kor 14:3)

Titel: Maak ‘n verskil
Francois Sieberhagen
 
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Efesiërs 2:10
 
Om die goeie wat mense doen met ʼn kamera vas te vang is nie altyd so maklik nie. Gewoonweg omdat baie min mense jou toelaat om wat hulle as hulle roeping sien aan die groot klok te hang. Dit vat baie oorredingsvermoë om so iemand vas te vang saam met hulle wat die voordeel trek van die gebeure.
 
So het ek gesukkel by ʼn voedingskema in Danville, Pretoria. Die mense wat daar help wou gewoon nie stop met dit wat hulle besig was om uit te pak nie. Die standaard antwoord was, “ons doen dit uit liefde. Liefde vir Jesus en liefde vir die behoeftiges.”
 
Ek kry die kans om ʼn sentrum te besoek waar kinders wat gemolesteer en aangerand is berading ontvang. In die sentrum tref ek mense aan met ʼn ongelooflike klomp liefde en deernis vir diegene met wie hulle werk. Oral oor is teddiebere en toe ek vra hoekom so baie was die antwoord eenvoudig. “Die teddies bring rustigheid by kinders en hulle kan aan hulle vashou. Ons is gelowiges en uit dankbaarheid vir wat Christus vir ons gedoen het reik ons uit,” is die ondubbelsinnige antwoord toe ek vra na hulle motivering om so groot taak te verrig.
 
Drie katolieke susters in ʼn Moslemland vertel vir my hulle verhaal van onbaatsugtige liefdesdiens as verpleegsters in ʼn hospitaal. “Ons probeer Christus vir hierdie mense wees. Die vroue hier sien op ons neer omdat ons nie getroud en kinders het nie. Al wat ons kan doen is om Christus te leef,” was die eenvoudige dog reguit verduideliking. Staan vir ʼn foto? Om de dood nie.
 
So is daar talle gelowiges wat op ʼn daaglikse basis uitreik na mense in nood. Nood het baie kante en die behoeftes, nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die wêreld heen is geweldig groot. Daar is egter gelowiges wat daagliks op die kleiner prentjie fokus. Gelowiges wat glo dat jy op voetsoolvlak regtig ʼn verskil kan maak.
 
Dit is ook die uitdaging aan ons om vandag, maar elke dag ʼn verskil in mense se lewens te gaan maak. Dit is ons roeping.
 
Gebed: Here, open my oë om te sien hoe ek ʼn verskil in mense se lewens kan maak. Amen.

ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us atvers@versndag.co.za if you want to change your subscription to English.
 
TERUGVOER: Stuur gerus kommentaar en voorstelle oor die dagstukkies naterugvoer@versndag.co.za
BORGSKAPPE/ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus borge@versndag.co.za. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.


 
KLIEK HIER - lees meer oor Jesus Christus & ons
lewe in HOM
Laai jou GRATIS Selfoonbybel nou af!  Gaan net na m.bibles.co.za (op jou selfoon)
Advertensie
Vandag se borg:
Radiokansel verkry uitsaailisensie vir nuwe radiostasie in die Wes-Kaap!
“Radiokansel is amptelik terug op die Wes-Kaapse luggolwe op 729AM en gaan uitsaai onder die naam Kaapse Kansel! Hierdie keer om te bly! Alle dank en eer gaan aan ons Hemelse Vader vir hierdie fenomenale wonderwerk!”  So sê ‘n oorstelpte  Dr Roelf Petersen, Besturende Direkteur van Radiokansel.
Rig navrae asb aan:
kosie@radiokansel.co.za
 
E100 LEESROOSTER
Aanvaar die uitdaging om die Bybel vanjaar deur te lees saam met miljoene Christene wêreldwyd. Laai die E100 Leesrooster af  bywww.bybelgenootskap.co.za. Of skakel 021 9108705 vir pamflette.

 
Om in te teken by Vers-n-dag, kliek hier.
Om intekening te kanselleer, kliek hier.

dbouwer's shared items